Jongste aktiwiteit:

My liedjie net vir jou

MY LIEDJIE NET VIR JOU

(Sing)

Ek tokkel nou n liedjie op my kitaar
my kitaar met net een snaar
van die lewe so geseën
elke dag aan my geleen

Ek speel ‘n liedjie liriek op my klavier
met sy vals note versier
ek woorde vir jou gedig
vol kleur en helder verlig

Koor
Hierdie liedjie is spesiaal vir jou my lief
net vir jou ja net vir jou
in die vreemde stuur ek dit aan jou my lief
net vir jou ja net vir jou
op my kitaar klavier en papier
net vir jou ja net vir jou
om ons liefde vir mekaar te vier
net vir jou ja net vir jou

Ek skryf ‘n melodie op papier vir jou
hoop jy eendag sal onthou
ek mis jou so elke dag
verlang vandag na jou lag

(*Instrumentaal)

(Sing)

Ek sing vir jou van saamweestyd
in my alleen eensaamheid
stuur ek dit nou per epos
wat ek op jou PC los

Ek droom oor die liedjie net vir jou gesing
ek my hartsnaarliefde bring
my woord en lied net vir jou
met my liefde styf toevou

Koor (x2)
Hierdie liedjie is spesiaal vir jou my lief
net vir jou ja net vir jou
in die vreemde stuur ek dit aan jou my lief
net vir jou ja net vir jou
op my kitaar klavier en papier
net vir jou ja net vir jou
om ons liefde vir mekaar te vier
net vir jou ja net vir jou

©Kopiereg Linda du Plessis 10/11/2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed