Heimwee en verlange
Heimwee en verlange
Daar is ‘n dorpie langs die see
Skipskop ons hartsdorpie klein
as die strale oor die sandduin vee
klere oor die wasgoedlyn
brood al in die pan
manne wat visnette span vat hul kans
vakansiegangers van oor die hele land
visvang Kersfees kuier Nuwejaar indans
hardloop kaalvoet speel op die strand
(Koor)
Skipskop Skipskop ons verlang na jou
jy is ons hart se punt en wil weer by jou konserte hou
ons kom terug ons kom terug
ons sien die voëltjies en asem weer in jou vars lug
ons hoor kindertjies lag sien voetjies in die sand so fyn
ruik kosgeure in die kombuis met vangs aan die vislyn
ons kom terug ons kom terug
daar is ‘n dorpie langs die see
kwikstertjies by die voordeur
seebries oor die Skipskophuisies vee
musiek die voorhuis inkleur
vol lag en vrolik
kabeljou steenbras en vis in reënboog
ons kyk op die voorstoep na sonsondergang
branders breek onder hemelkleurspel daar hoog
droom om oor Skipskop te kan sing
(Koor)
Skipskop Skipskop ons verlang na jou
jy is ons hart se punt en wil weer by jou konserte hou
ons kom terug ons kom terug
ons sien die voëltjies en asem weer in jou vars lug
ons hoor kindertjies lag sien voetjies in die sand so fyn
ruik kosgeure in die kombuis met vangs aan die vislyn
ons kom terug ons kom terug
daar is ‘n dorpie langs die see
mandjie gepak ons harte klop
stap die voetpad na vervloë weë
daar waar ons vreugde sou stop
verlange na grond
sien ons hoe kinders sorgeloos sal speel
drome droom vir ‘n toekoms van hoop en glo
visserman saans hul vangs uithaal en uitdeel
Skipskop vir jou kyk ons na Bo
(Koor) x2
Skipskop Skipskop ons verlang na jou
jy is ons hart se punt en wil weer by jou konserte hou
ons kom terug ons kom terug
ons sien die voëltjies en asem weer in jou vars lug
ons hoor kindertjies lag sien voetjies in die sand so fyn
ruik kosgeure in die kombuis met vangs aan die vislyn
ons kom terug ons kom terug
(*Toestemming om die foto te plaas)
©Kopiereg Linda du Plessis 10/11/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Linda, baie dankie vir hierdie inskrywing van jou vir die skryf-'n-trefferliedjie-los kompetisie.