Jongste aktiwiteit:

Sy guns

Breed is Sy pad
groot Sy guns
as jy jou oorgee
in Sy Vader skoot
Weg is weëmoed, rusie
en wraak
wanneer jy stil raak
om Sy woord
Bekeerd, wedergebore, versoen
met Sy wonderbaar guns
leef jy uit genade
beset deur die liefde
van die almagtige Vader
Skep met onmeetbare hoop
jou seën uit Sy ewige put
praat elke dag met Hom
want verkwik is jy
kind van die lewende God
nageslag van Jakob, Moses en Rut.




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed