Jongste aktiwiteit:

Vredes’groet

Loop ek verby die kruis
en sien hoe die Here daaraan hang
ek sien hoe skyn die son se gloed
oor sy wonde en bloed

Kniel ek by sy voete
hoor sy sware woorde
om vergifnis te kry vir my sonde
Sy lewe aan my toegewy

Loop ek verby die kruis
Sy hande en voete
met spykers daarteen vasgeslaan
sy doringkroon
my ewige lewenskroon

Val ek neer
weer en weer
Jesus se pyn en eensaamheid
voel ek keer op keer

Die kruisiging, die oorwinning
stilte
van neem in en wees
van wees stil en weet…

Jesus Christus is my Verlosser




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed