Jongste aktiwiteit:

Hoe gaan jy jou dag aanpak?

Soggens vroeg nog voor
die son die nuwe dag kom groet
hoor ek die voëlgeluide buite
die koer-koer van duiwe
en hoe die kwikkies en suikerbekkies
soetjies sing
en die son se opkoms
die môre-gloed bring

voorwaar is nog ñ geseënde dagbreek
aan ons geskenk
uit ons talentvolle Vaderhand
herdenk ons die nuwe dag

die wekker sal binnekort skree
gedagtes vorm
gaan ek die dag volheid aanpak
afsprake nakom
gaan ek alles gedoen kry
met ñ glimlag of gaan ek grom
vir alles en almal wat my pad kruis

of gaan ek vir almal
wat my sien vandag wys
dat ek ñ kind is
ñ kind van God
iemand wat vandag
ook net bietjie tyd wil koop

want om jouself vir ander te gee
en iemand te bemoedig
en ñ drukkie te deel
kos werklik waar nie veel

om te glimlag vir iemand wat frons
wat onwetend die wêreld
op hul skouers dra
om iemand net te vra –
Hoe kan ek jou dag beter maak?

Die wekker lui irriterend
en ek staan gemaklik op
en glimlag terwyl die son
deur my kamer venster opkom

vandag gaan ñ goeie dag wees
vandag kies ek om beter te wees
as gister
want ek het vandag verniet gekry
ses-en-tagtig-duisend-vier-honderd sekondes
is myne en joune –

Hoe gaan jy jou dag aanpak?

© C. Holder 2018




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed