
Donker wese
Grimmig staar jy koud
na my lewe
In die hoek van my gedagtes
sprei jy jou noodlot vlerke
oor die lig en lag van my siel
Jy bedruip my doop seël
met jou donker waansin
en bedek die rose weg
met dorings deur jou stank versin
Jy was daar toe die lot geval het
op my Here se dood
Jy is daar in elke mensekind se nood
Jy roem op hul misdade
en verdrink jou aan hul
heidens bloed
Hul afgode dra jou naam op hulle lippe
en bitter smaak jou gees in elke mond
Satans gees bedruip die vlees
maar wyk uit die poorte van my siel
Ek behoort aan Koning Jesus
n kind van die lewende God
Ek leef deur Sy genade
verlos deur Sy kosbaar bloed
Vergeef is ek van my sondelas
versoen met Christus stap ek die pad
Wyk uit en gaan heen
sonder die krag van my vrees
Al waar jy kan leef is
op die ashoop van die mensdom se vlees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.