Jongste aktiwiteit:

Lorelei

Daar’s ‘n koel wind
in haar hart
waar sy eenkant
op ‘n rots alleen
die blougroen
vloei en eb
en skuim en spat
betrag
en aanklank vind
met elke seerkry
bokspring van haar
eina-hart.

Die lagplooitjies
om haar oë ets
dieper sodat
oudagseer
soos weerlig net
‘n oomblik wys
en weer verdwyn

Sy lig die blink trompet
op na haar mond
en stort die
Lorelei se smag
na liefde
soos ‘n pynkreet
oor die oseaan
se raas
wat speels
en laggend
oomblik stilstaan
voor hy klaterend
die rots opnuut kastei
dan terugtrek
in homself dop
omdraai opruk
vir die volgende
refrein
terwyl die note
soos haar liefde
ooswaarts wegraak
al wat bly
die pyn, die pyn…

© 05/04/2012 Anton Bosch




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander