Jongste aktiwiteit:

GEBED

Gebed ken geen perke en word nie deur afstand gestuit.

Gebed is jou toegang, hierdeur word enige antwoord deur die aanhoorder ontsluit.

Gebed is soms ons laaste uitstort van hartsverlange wanneer jy in hulpeloosheid en moeilikheid verkeer.
Gebed dwing jou op jou knieë, so het ons van toeka af geleer.

“Onse Vader, wat in die hemele is…”
So begin die reël om eerstens aan Hom te gee die lof en eer.
Jesus self het hulle wie na aan Hom was hierdie kosbare gebed aangeleer.

Wanneer alles jou ontmoedig en jy nie weet waarheen,
wanneer jou hart jubel van vreugde en blydskap en of jy van kommer innerlik ween…
Gebed en nogmaals gebed is jou rede tot Hom wie jou aanhoor, jou antwoord en seën.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed