Hulle gaan ‘Huis toe’
Wanneer ons grootmense een vir een ‘Huistoe’ gaan,
bly daar ‘n leemte, verlange na die goeie dae wat eens was…
In hemelland word hul egter verwelkom deur bemindes lank reeds daar.
Hulle lewe op aarde was egter nie verniet, so baie kon ons by hul leer.
Liefde vir ons naaste, respek…
So baie wat min regtig waardeer.
In my kinderjare het ek my verstom,
hoe biddende moeders klokslag na die kerk beweeg.
Daar sou hul tot eer van Ons Vader sing,
Biddend bly, ‘n paar woorde al ag ons dit gering.
Eendag nie ver van nou,
Sal die grys ook sy merkie laat…’n teken van wysheid, swaarkry, jare se ervaring.
Wanneer die kykers soos ‘n kersie begin kwyn…
Tyd dan aanbreek vir jou son wat ook ondergaan.
Met liefde gun ons hulle ewige rus,
Lank op aarde moes hul sweet en swoeg.
Ons salueer bemindes nou reeds weg,
Hul nagedagtenis bly ons altyd naby.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.