Sluipende vrese
Grypende, klouende, wriemelende kloue,
gryp my hart kloppende warm,
al pompende rooiwarm bloed van lewe,
gevul met vrees en klemmende kloue,
klein soos ‘n mier voel ek nou,
met satan sluipende om my heen,
die vrees so groots, skrikwekkend,
ons mens bly maar so swak.
16/09/1977 © C. du Plessis
uit – Die Poort is nou, Deel II: Beelde, drome
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.