Umakoti se Huweliksnag
Vleeslose voorvaders
lag tandeloos vanagter die pendoringkraal,
oor die weglêhorings van die Nguni
wat vannag Umyeni’s* lobola betaal.
Hits,
deur die vliese van ‘n yldunmaan,
(oor die blinkboudvel van sy Umakoti* se borsgeswel),
die tamboer die feesgangers
tot uitbundige vreugde aan.
En om en om die hoogvonkvure,
stoftrap ritueel-ritmies-in-pas,
kaalswetend die makoppa-lywe
tot die groot dors van die nag se koue ure,
weer en weer omstuur
die maroelakalbas.
Maar deur die noodlot gefop
lê, neergeslaan soos ‘n uitsuipkalf
Umyeni daar onder die Soetdoringboom
(waaraan die Nguni-riempies nou rondswaai
soos ñ galg), hoenderkop.
En op hul parrafienblik-hoë-bed,
wag, (soos ‘n papie toegekaros),
Umakoti met omrol-oë
op die harige-tande-keel van die dwerg-aap-tokkelos
wat vannag nog haar maagdelikheid
voor haar Umyeni se vuurbrandhart
vir homself, weg kom vat.
©Elizabeth Greef
*Umyeni – Bruidegom
*Umakoti – Bruid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.