Daar waar . . .
Daar waar ek moedeloos dwaal
is eensaamheid besonder bitter
wyl ‘n woede stadig aansmeul
in die soektog na vrede se deur.
Daar waar siele in vrees dwaal
reik my siel uit na vertroosting,
vir verlossing van die ewige pyn
tot oggend op die horison groet.
Daar waar drome werklikheid is
lei jou mag en krag my gedagtes
stil voort wyl ek magteloos roep
en onsekerheid my siel vermoor.
Daar waar my gedagtes dwaal
en jou liefde ver weg na my wink
sing ek my liedere van verlange
vir jou nabyheid gevul met lewe.
Daar waar rustigheid ronddwaal
is die mantel van liefde en vrede
wat hierdie woelinge in my smoor,
daarheen gaan ek om jou te vind.
23/08/2016 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.