Jongste aktiwiteit:

Liewe maan

 

Ek skryf met ‘n pers potloot op die maan
van sy sagte gloed en groot stilte
hier waar ek soet-sag wag
waarheen my lewe ookal gaan

Ek proe die sout op my lippe…
en ek lag, wil nie meer huil
niemand sal weer die drome
uit my hart kom steel

Begrawe al die hartseer
luister wat fluister die sterre
in die duister
dit is my romanse sonder ‘n gewete
so is my wens wat in die donker dwaal

Tussen niks en nêrens
verdwaal ek in diep getrapte spore
êrens is my hart en siel, opsoek na liefde
maar vir nou skryf ek briefies vir die maan




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed