Kleur
Vir my is groen so ‘n grillerige kleur
dit doen niks om my donker siel op te beur
geel weer is heeltemak koud en kil
besig om wreed my hartseer te skil
pers is ‘n harige wolkombers
wat my emosies in eggo’s saampers
wit is so rein en fyn
laat my hart onrustig dein
bruin gooi my in ‘n diep gat neer
probeer al my skanse afskeur
oranje so fel soos die son se lig
laat voel my alles is ‘n klug
God’s liefde is wyd soos die hemel blou
wat my elke dag in Sy genade omvou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.