Jongste aktiwiteit:

Vrydenker (Goud)

gedink daar’s tot in vierkante ook vryheid
in hul hoeke vasgesmeë
veral daar waar hulle buigend lepellê
in ‘n huisie by die see

en in die dans van onopgetuite lawwe mense
met kleurpalette om die lyf
teen silhoêtte van wit mure
met rooi stoepe blink gevryf

daar waar watte-wit spookasems wolk
en deur ‘n priemblou hemel dartelkolk
net soos ‘n vrywind wat ‘n wals wil doen
en ‘n sku-kind van katoen wil soen

ja daar waar branders ewig jambies slaan
met die rymtrap van ‘n ritmemaan

Neologismes.

Onopgetuite – sonder voorbehoud
Rymtrap – ritmiese aksie




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed