Latest Activity:

VAN VOOR AF

VAN VOOR AF

Eet my! Eet my uit!
Sodat almal dit weet
en my nooit sal vergeet:
Daar’s iets wat my siel bly verniel;
my derms uitryg en my asem uitsuig.
Dan my wese uitspoeg en my kaal laat bly lê.

Jy vréét my! Jy vreet my uit
my lewensbaan.
Uit my wilsbestaan.
Jy goël my opsies – vrotroet suikersoet.
Ek slurp jou bittergal braaktand bloed.
Net sodat ek weer honger en dors kan hê.

En ek jou, my geheim, van voor af kan begin bemin.
Eet my. Eet my uit.

– Charlene Jordaan Kotzé

(Handel oor kindermolestering en die kringloop van eetversteurings/selfmutilasie.)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post