
NAAK GEDAGTES (goud)
Soms maak jy my sinne klaar
wanneer my woorde met stoptekens begin
veral op plekke
waar my asem vaagweg agter gate uitloer
buiteklanke my skuilplek raak
selfs wanneer klewerige stiltes aan my spore klou
terwyl ek toekyk hoe arende
hoog bo my siel om en om in sirkels sweef
ek weet ek raak soms weg
sonder om iets te sê
veral wanneer antwoorde skaars raak
en vraagtekens soos oop wonde binne my bloei
en ek voel hoe ‘n ewige leegheid oor my doodloop
terwyl elke nuwe gedagte se naak lyk
my nederig verbyloop
en ek myself herinner: “Jy is nie ‘n soutpilaar nie.”
© Mrt 22 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
2 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, ongelooflik mooi Caren!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek