
Drafbrakke (Goud)
wag daar my honne
wag daar vir my
uitpluk die sonskyn
voetpad die rant
die grasspriete wag
in die klipspringer land
slaap soet my brakke
rus sag vanaand
môre lê kromklip
afdraai in hand
ek weet julle hunker
na die koppie se kant
lui lui die fietsklok
vasmaak die skoen
daar’s blaf in die sê-goed
met hondlag se praat
te hoor in die stemme
wat roep vir ‘n maat
ooplag en tonguit
dankbly en goed
die water dink sontrek
en die môre lê mooi
die drawwers draai sterte
na die vroegdag se rooi
Andries Fourie
(Seirdna)
19.02.2022
2 Kommentare
-
Elizabeth
Pragtig Andries!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek