Jongste aktiwiteit:

inkommer

 

jy het dit

of jy het dit nie

waar kom jy skielik vandaan

hier tussen ons digters en skrywers

wat kom braak jy jou gees hier uit man

jy moet weet – jy sal altyd inkommer wees

jou geboortereg was sonder punte en kommas

daarom sal jy aweregs wees en bly vir ons

as jy nie ons punte, kommas en gytjies

wil aanvaar, ons sosiale sosialisme

wil deel en aanhang nie

sal jy pariah wees

vir elkeen wat tel

want tel moet jy

as jy nie (in)tel

is jy uitgetel

so is dit maar

straatdigter

is jy en sal jy bly

 

 

Ó Tearlach.

(Die kuns in digkuns lê daarin of jy iets kan sê wat betekenis het – nie in die formaat van die gedig of status van die digter nie)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed