Kersgeskenk …
Mag ek vir jou ‘n ster vang
en heel bo aan my kersboom hang?
ek wil ook graag vir jou ‘n geskenk stuur
sal dit mooi sorgvuldig toedraai in kerspapier
en onder die kersboom sit
en spesiaal aan jou dink.
Dit sal nie ‘n geskenk wees wat ek by ‘n winkel koop
nee, dit sal ‘n geskenk wees van hoop
‘ n geskenk wat vrede bring
‘n geskenk wat jou met liefde omring.
Ek wil hierdie jaar spesiaal vir jou ‘n kersgeskenk gee
een wat jou sal beskerm teen die lewe se seer –
ek wil vir jou sê dat God jou liefhet
en dat net Hy jou van die lewe se seer kan red…
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.