
Strandbrief (Brons)
Strandbrief
(Woordeskat-spleetgedig)
(Met apologie aan Oskar Prozesky – Strandbrief)
Glad en skoon soos skryfpapier is
loop ek soggens kaalvoet weer
al langs die strand
‘n brief vir jou
van net die een reël
jou see het ek lief.
© Taai Bonthuys
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek