Jongste aktiwiteit:

SONSTRALE

Vir jou wil ek die son se strale vang
en om jou skouers hang

Saans sal ek die maan se weerkaatsing vra
om jou oor die klipperige pad te dra

My vuurtjie het uitgebrand
Al wat oorbly is as en droe'sand

Ek soek myself tussen die sterre en maan
en probeer die rigting van my lewe verstaan

Wie sal kan se' waarheen nou
want my diepste binneste het toegevou

Dalk moet ek vir myself die son se strale vang
en weer sit, naby my  eie vuurtjie se vlam

Daar sal ek weer die weerkaatsing vind
van die maan oor die klippies en sand.


Ina Wepener
6 Maart 2024



2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed