Basiese Profiel
Ina Wepener Oos-Vrystaat Kind
My naam is Ina. Ek het in die pragtige Oos-Vrystaat opgegroei, baie naby aan die Lesotho grens. Van kindtyd af is ek ‘n dromer en het my eie feetjie-wereld as kind geskep. Ek kon vreeslik lekker speel en steeds raak ek verlore in my eie wereld tussen die maan en die sterre. Ek het op ‘n stadium ‘n hele boek vol gedigte gehad wat ongelukkig verlore geraak het. Dit was vir my ‘n seer emosionele storie en kon ek vir lank nie gedigte skryf nie. ‘n Tyd gelede het ek weer die inspirasie gekry om te skryf want ek is afgetree en het nou meer tyd op hande om te sit en droom. Ek wil graag my gedigte en skryfstukkies met mense deel want dit kom uit my hart. Ek glo woorde is ‘n gawe om prentjies te skep en woorde spreek tot die mens se hart. Ek is nou 68 en geniet my kinders en kleinkinders baie. Ek en my man woon in Gauteng.