OOS-VRYSTAAT KIND
Onthou jy Oos-Vrystaat kind Somerson en Winterwind Die wintersneeu op die berge en die sonskyn goue koring-gerwe Stofstrate en Sandsteenhuise Dit was lank jou tuiste Onthou jy Oos-Vrystaat kind hoe het die sang van die skoollied weerklink Die sorgvrye dae van posaflewering en die gelui van die telefoon se klank Onthou jy Oos-Vrystaat kind daar het jy ook liefde gevind Later moes jy die dorp verruil vir die stad want dit was die volgende stap Nou verlang ek na die Oos-Vrystaat kind en dink aan die kosmosse wat wuif en wink My voetspore sal altyd daar bly waar ek geloop het as kind Die jare het aangestap en is verby Maar die Oos-Vrystaat sal vir altyd in my hart bly - want ek bly n Oos-Vrystaat kind. Ina Wepener 7 April 2024
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek