
DIS HOE DIT IS
Die lewe is somtyds onverstaanbaar.
As ons siele sigbaar kon wees en nie die duur klere nie het ons mekaar dalk beter verstaan.
Ons lewe in ‘n wêreld waar omgee vir mekaar en jou naaste liefhet nie meer deel van die alledaagse norm is nie.
Het dinge verander of was dit altyd so dat ons dit net op ‘n dag opgemerk het of het ons verander omdat die wêreld hard en ongenaakbaar geword
het ?
Mens verander nie om by die wêreld te pas nie, maar om geestelik te groei, nader aan jou Skepper te lewe en om vorentoe te bly beweeg.
Somtyds stagneer mens geestelik of in ‘n ou roetine want jy dink dit is goed genoeg. Jy is gemaklik net waar jy is want jy is versigtig, jy is bang om ‘n kans te vat. Tog is dit ook goed want jy is realisties en is nie bereid om waaghalsig te wees of hals oor kop in ‘n ding in the gaan nie.
Tog moet ons waag om te kan wen. Partykeer moet ons, oneself uitdaag om iets nuuts te probeer om meer te wees as wat ons was. Elke dag is ‘n nuwe kans om ‘n beter mens te wees as gister.
Tog sien die wêreld nie jou seer of bloeiende hart nie. Mense staan nie stil en kyk net om hulle nie en sou hulle dit wel doen kyk hulle deur oë van vyandigheid, oordeel en hoogmoed.
Ons dien nie meer ons naaste soos wat God van ons verwag nie. Sou iemand se geliefde sterf sal baie die argument het dat ons almal gaan sterf dit was die persoon se tyd.
Sien mense ‘n boemelaar dan is dit sy eie slegtegeid. Vra ‘n kind ‘n stukkie brood dan is sy ouers te sleg om vir hom te sorg.
Waar is ons naasteliefde wat jou laat bid vir jou daaglikse brood, waar is jou begrip in die onskuld van ‘n kind ?
Het jy twee treë in iemand anders sê skoene geloop , nee !
Dis nie wat mense dink nie, nee hul tong het die sweep van oordeel geword.
Dis hoe die lewe geword het of eerder die mense daarin.
Hier waar ek skryf is ek dankbaar dat nie swaarkry of die wêreld se oordeel my verander het nie. My Sotho naam is Mmabatho wat beteken “mens van die mense”. Dis presies wat my persoonlikheid is. Mense se seerkry is my seerkry, my honger, my omgee. Ek weet my omgee en uitreik is dalk net ‘n pleister vir nou, maar ek lewe my lewe voluit en ek eer die tweede gebod.
Naasteliefde.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek