berge en dale
ek verlang vanaand
vir jou rondheid en volheid en sagtheid
ek wil my in die dronkheid en malheid
van jou liefde begeef
wat ons soos arende
ver en hoog
oor die berge en dale
van ons naaktheid en onskuld laat sweef
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed!