Sirkel
die sirkel van beskerming
só asof die stryd tussen kus
én al die oseane spiraal
ál bindend dieper tot krummels sand
gebreekte skulpe, eens drome
nou flenters gekap teen rotswand
uitgespoel saam met bloublasies
hiér waar my ingewande uitbloei
fragmente van mother of pearl
voete loop oor my, trap dit dieper
ook ‘n brander – skuim daarin
druk my op en luister
ná die ritme van branders ,
hoe hul klots
in weerstand weier om deel te word
van die monster van sand
begraafplaas van seelewe,
waar weekdiere uitgedroog
bleek na die hemel staar
die spiraal word ‘n sikloon
jaag die waters in, sluk water
spoeg wind, kots
en braak, woede
dekades se weerloosheid
ruk dakke af, vee huise plat,
palmbome buig hul hoofde,
dring terug wortels wyd verspreid
dan die skade bereken, ewig onbereken, ewig.
ewig.
nooit
ontsirkel Hy hom
ewige genade omvattend
by Hom
(labri ©)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.