Jongste aktiwiteit:

EK DINK JY WONDER

EK DINK JY WONDER

Ek het nie genoeg woorde
teks of akkoorde
en geen geen gravitas op my skouers.
My longe kry nie lug
en die drukking op my bors
stu die krag uit my rug.

Ek kan nie
my mensloosheid verwoord nie.

Ek het vrae en ek bekommer
my, ek bepeins en ek wonder
oor nagmerries en woede
wat hartseer vloei. Bitter kom lê
skuldig-skaam in die agterhoede

want jy en ek was so vervleg. Toe
raak jy stil stiller.

Jy weet seker nie wat ek sal dink
en verstaan wat jy bedoel nie.
En of ek sal kan cope.
Jy weet nog nie ek sal jou bly liefhê,
jy bly deel van my,
ek sal jou steeds warm voel nie.

Ek sal jou hou, altyd in my hart –
in my hande as ek kon!
Ek sou jou nooit laat los nie as ek kon!
Ek sou jou vasbind dat niks ons kon skei,
ek wens jy kon dit reeds weet!

Hoe sê ek dit vir jou?
Want jy’t my nog nie gevra nie
maar ek weet dis waaroor jy wonder.
Ek ken jou inside out.
En jy ken my omgekeerd.

©️Charlene Jordaan Kotzé (Junie 2023)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed