Jongste aktiwiteit:

Kommentaar 1

God is vêr, maar ‘n mens is naby.
‘n Mens in God se beeld gemaak:
God in jou en God in my.
Verklaar jou liefde aan een wat vêr is,
maar vervloek die een hier by jou…

Aan die einde van tyd word alles nuut…
op hiérdié aarde moet dié mens nóú heers.
Onder sy heerskappy gaan als tot niet!
Wees die sout van die aarde…
verbly jou in die val van ‘n ander…

Versamel mantras van welvaart.
Dis hoe die mens sy seën kan meet!
Eis dit op. Jy is ‘n god, g‘n bedelaar.
Dag na dag skree elkeen: “Gee my meer!
By jou hekke lek die honde Job se wonde…

Vergewe net dié wat jou vergewe.
God se son skyn oor goed en sleg!
Maar net jou soort het reg tot lewe…
Jy is die spieël waarin die wêreld kyk
Sien hy sy eie siel of ‘n andersheid?




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed