
SOMERSET WES – INNI KAAP
SOMERSET WES
Hier in die Kaap woon ‘n pragtige vrou
en ‘n knorrige ou man
die Sedoos-wind blaas stormsterk sand
deur ons tande en hare wat souterig brand
sandduin plante voed, laat leef, laat blom
– in die Helderberg kom
die Noordwes warrel blare en stof van Rooi-Els se
kant tot by bikini-beach en Klippiesbaai
se kaalloop strand
by die Mall is dit ‘n gedonder van stemme
brullende voertuie en skreeuende remme
maar “lekka bly ons lekka, my bru – vra maar my ma
Hie in die Somerset Wes in – greetings my Bra”
begroet vrolike Kaapse “slang” kultuur-taal
iedereen wat graag ‘n stukkie van Somerset Wes
se lekker bly wil kom haal
omring deur berge, wynplase en
uitsig op die akwamaryn blou see
met oneindige helder nagtelike heelal
is dit die plek waar ek wil bly – wil aftree
sonder kommer sonder gejaag
net ek en knorpot
salig in die Kaap
“In die Somerset Wes in”
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Somerset Wes - Inni Kaap gee die ritme van die Helderberg kom van natuur, waar die wind gebore word, na die “stad” kultuur na die steeds dorp en die kultuur van wyn na Kaaps pragtig weer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek