Jongste aktiwiteit:

Waar stormwinde waai

In die namiddag son skaduwee
waar branders vas slaan
by soom van die seesand stroom

herhaal die wolke keer op keer
sy eie patroon boggel oor en oor
waar stormwinde waai

deur boom en struik teen die sandwand
geplant uitmekaar geruk in wind en weer
waar die brander sproei

sy laaste sout smaak in die lug opstoot
word herrinneringe in die storm
van my hart geplant in ysige winde

wat waai deur hare in ‘n silhoeëte
skaduwee teen duine vasgemaak
sit ek weerloos en dink

aan daardie dag waar ‘n brose mensie
teen branders veg om staande te bly
maar tog die rots af na benede

gevind tussen rots en klip
vasgevang aan haar enkel
kom redding net betyds

koud slaan angs in my hart
in een klein oproep alles verniet
maar dank Vader haar lewe gespaar

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak