Jongste aktiwiteit:

Tot weer siens my vriend Uys

Verlede Vrydagaand “ping” my selfoon en ‘n ou skoolvriend se boodskap lees: “Uys van der Westhuizen died last night of a heart attack”. Ai, dit was ‘n groot ontnugtering.

Uys het ek eintlik eers leer ken middel 1979 toe ek besluit het genoeg is genoeg nadat ‘n skrum geval met ‘n rugby oefening het en ek my nek beseer het. Ek besluit net daar en dan ek gaan hokkie speel. Seunshokkie was toe nog ‘n nuutjie in ons Hugenote Hoerskool en dus is ons sommer die “hokkie bokkies” gedoop. Sleepy Joe, ons destydse “sogenaamde” rugby afrigter het my nog aangetree voor die rugbymanne en my reguit gevra of ek ‘n “moffie” is. Ek het hom gese nee, Meneer ek speel heel lekker hokkie.

Uys was ons hokkiekaptein en hy het al op laerskool in Zimbabwe hokkie gespeel. Meneer Michael Moll was eintlik die afrigter, maar tegnies nie, want hy het ons die hokkiereels geleer, maar Uys het ons gedril, en gedril het hy! In die rugby was daar ses 0/16 spanne, maar daar was maar net-net twee seuns hokkie spanne 0/16 tot 0/19. Nodeloos om te se dat al die seuns wat hokkie gespeel het ‘n bewondering vir Uys gehad.

Uys het nie net Boland kleure vir hokkie gekry nie, maar ook Westelike Provinsie kleure wat daardie jare ‘n baie groot prestasie was.

Ons het as seuns hokkiespan Woensdag middae ons wedstryde weg gespeel. Dan is al 11 van ons met ons bagasie in ‘n mini-bus gelaai met Meneer Moll agter die stuur en ons speel dan teen Paarl Gim, Boys High, Paul Roos, Hottentotsholland Hoerskool en ook plekke soos Sacs, Wynberg en nog ander plekke in die Diep Kaap.

Met een van ons wedstryde teen Paul Roos Gimnasium besluit Meneer Moll hy gaan kortpad deur Stellenbosch neem. Dit is nie lank nie toe het Uys die megafoon uit en so in die ry sal hy dood onskuldig se: Daardie blondine met die mooi bene sal jy asseblief die kant toe draai dat ons jou gesig kan sien? Sulke onskuldige hoerskool seuns dingetjies, want dit is immers Woensdagmiddag in Stellenbosh!

Ou Spekkop het die Donderdagoggend die hele seuns hokkiespan aangetree, want ons het bietjie vergeet dat die skool se naam op die bussie aangetoon is! Ons koppe is omtrent gewas, maar ons het gedink dat dit darem nie so erg was nie. Ek onthou ons Rekeningkunde onderwyser, ou SP Rossouw, het altyd op Uys gepik deur vir hom te se ja, julle manne wat weggehardloop het uit Zimbabwe! Dan se Uys hom reguit, Meneer ek gaan terug Zim toe om daar te gaan boer sodra ek hier klaar is met Matriek. Uys is terug Zim toe en het baie suksesvol geboer totdat Oom Bob en sy sogename oorlogsveterane sy melkplaas kom “onteien” en afbreek het en in Uys se woorde, die koeie wat hulle nie kon slag en opvreet nie, het hulle die hakskeensenings van afgekap!

Uys het egter vasgebyt en aanhou boer op die tabakplaas en was baie suksesvol tot sy ontydige dood verlede week.

Ek, Uys en Francois de Villiers het besluit ons gaan ons eie “afterparty” hou na die Matriekafskeid. Nie een van ons het ‘n bestuurslisensie gehad nie net ek het ‘n leerlingbestuurs lisensie gehad. Ons laai die aand so na 22h00 die meisies by hulle hulle onderskeie ouerhuise af en laai alles in my Ma se VW Beetle en vat die pad Somerset-Strand toe daar waar lovers walk nog was. Daar aangekom maak ons ‘n vuurtjie en haal ‘n paar biere uit en braai ‘n tjoppie.

Ons was nog heel gesellig toe kom daar ‘n polisieman ondersoek instel. Wat die drie mannetjies op ‘n weeksaand daar teen die see kom braai. Francois probeer nog die bier bottels wegsteek, maar die lang arm van die gereg is op ons! En wat doen julle drie mannetjies hier? Nee, ons braai, Oom. Ek is nie ‘n Oom nie, ek is ‘n Sersant, snou hy. Sorry, Sersant ons braai. Het een van julle darem ‘n lisensie? vra hy. Voor ons nog iets kon se staan Uys op. Sien Sersant, my broer ons hierheen gebring. En waar is hy nou, Boetie? Vra hy vir Uys. Nee, sien Sersant, hy kuier daar iewers in daardie hoe woonstelblok by ‘n meisie en hy het ons die dood voor die oe gesweer ons moet net hier bly en die kar oppas.

Die polisieman het gesnork omgedraai en verder geloop. Ons kon ons lag nie hou nie, en Uys het weer tot ons redding gekom! Nadat ons gebraai en die vuur doodgemaak het, het ons na Uys se ouers se huis gegaan, ek en hy het aan die gesels geraak en Francois het op die mat in die Uys se slaapkamer aan die slaap geraak. Ou Francois het seker so ‘n halfuur geslaap toe Uys hom wakker maak, met toe-toe Boet jy moet opstaan julle moet nou ry. Francois het verward vir Uys gevra hoe lank hy geslaap het, waarby hy geantwoord het, Ouboet sommer ‘n hele paar uur,

Die een ding wat ‘n groot indruk op my gemaak het, was die foto van die meisie op die spieel vasgeplak in Uys se kamer. Die foto het die meisie gewys wat voor die spieel staan in Uys se kamer met ‘n weerkaatsing van die son van agter deur die spieel. Ek het haar herken en vir Uys gevra nou hoe dan nou, sy is dan verloof? Uys het net geglimlag en omgedraai en weggeloop.

Ek en Francois het daardie oggend net voor sonop oor die bult in Bainstraat, Wellington ingery toe ons motorligte sien aangaan n voor my ma-hulle se huis. O shit, polisie se ek. Nee, wys Francois dis die melkman!

Ek en Uys het sporadies per e-pos of op Facebook gesels, maar nou is Uys nie meer daar nie.

Laat my dink oor my eie lewe…..




Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed