
Wildeblom (brons)
‘n graswind
koel wange groen
in groet van dag
klam vryf koute
soos ‘n growwe waslap
in ‘n haastige ma se hand
soos gister se skaduwee
strek oor plat plante
amper in voorstelling
om weer in die bed te klim
maar kaalvoete wag
nog voor die son
saam jakkelsdou
wat pink seer
drome op bedkussings los
hier jeuk dit in
onbereikbare plekke
©Louw-Marie Sauerman 2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek