Begeertes van die vlees (opdrag 7)
jou arms is waar ek wil wees
onder die sterre en die sekelmaan
die strand en branders ons wentelbaan
word ek deel van jou menswees, jou liggaam en gees
terwyl jou vingers oor die padkaart van my lyf lees
weet ek dat jy die hunkering van my siel verstaan
entoesiasties gehoorsaam elke neuron spontaan
sonder inhibisies, bekommernis of vrees
met ʼn hart vol sout groet ek die oggendson
en ons saamwees verdwyn in goue sand
tussen die skaterlag van seemeeue
eggo dit “ek wens ons kon”
met die diep blou see wat oor my wange brand
word die dae tot ek jou weer sien eeue
© nadia nagel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie