tien voor twee (Opdrag 7)
soos ek my vingers deur jou hare steek
en jou oë soos saffiere blink
begin ons in die oomblik wegsink
hoor ek jou stilletjies smeek
vir alles waar woorde ons ontbreek
sal liefdesklanke in simfonie weerklink
wil ek myself in jou wese verdrink
leer ons saam om tyd te verneuk
spoel nog eenkeer jou denke oor my lyf
leer my dans op die ritme van jou hartklop
waar ek helend in die silhoeët van jou seer
elke ster in die hemelruim verskuif
tot die onsekerheid eindelik stop
en meer as ons psiges jukstaponeer
© Ryno Rossouw
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Pragtig Ryno