Een soet moment
OPDRAG 7 – Sensuele Miltoniese Sonnet
Een soet moment
My vingers sagstreel jou
‘n ligte dans, jou vel satyn
van heup tot skugter skouerlyn
in die oomblik, in die nou,
een soet moment toegevou,
soos son se goue warmskyn
‘n pouse wat skielik kan verdwyn,
die huiwering blits in jou oë so blou
en skielik skree my hele gees
rem my uit my drome terug
in die stikdonker van die nag
verlange gevul met donker vrees
my koue hande wat gryp in leë lug
in my drome eggo net jou lag
© Grootvissie
Augustus 2018
2 Kommentare
-

Loretta Szikra
Pragtig gepen Vissie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie