Voor môre se later (Opdrag 7)
Ek het gevoel… voor wind se waai
hoe my oë in joune kon lag –
kon skitter in warm liefdesprag
met emosie wat smeulend baai
wyl liefde tik-tak, tik-tak sonder raai…
barend in die oggend van die nag,
waar sonskyn blom sonder wag
vóór haan sy drie kraaie sou kraai…
wou ek my hart neerlê by jou
verlore raak in ons kinderskater
met ‘n waterval se kleurvol klanke
in die goue gedagtes van onthou
sonder ‘n traan aan môre se later
of te rot aan sesvoet planke
©Cornien Naudé
23/08/2018
8 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Loretta Szikra
Baie mooi Cornien.
-
Elroux
Mooi Corien.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig Cornien.