Totsiens se wedloop
Totsiens se wedloop
Verlange is ‘n dief in die nag
beroof die hartskamers rot en kaal
as totsiens die wenpaal haal
word dag soos die donkerste nag.
Trane stroom met gesag
soos water deur die Suez kanaal
as totsiens die wenpaal haal
blink druppels dof soos ‘n ongeslypte smarag.
Hartseer brand soos ‘n vuur met mag
verslind elke bladsy van ‘n ongeskryfde verhaal
as totsiens die wenpaal haal
los dit ruïnes van ‘n lewe sonder krag.
Verlange is ‘n kruiwa met ‘n swaar vrag
elke poging vorentoe faal
as totsiens die wenpaal haal
stryk pyn die laaste vlag.
C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.