wie is jy ?
vlieg jy
vlinder, flikker, vrolik
oor berg en dal
van al die olik
wip jy
vlinder, flieker, vlakker
oor die riviere
van onrus
nooit stil
vlinder, wipper, wapper
oor diepste alleen
bly jy vrolik.
hoop is jy
vlinder, woeker, wakker
oor heuwels
van ongeloof
suis jy
waai, woes, weg
oor leë gedagtes
van liefde
pyn is jy
priem, praal, protes
oor donker dale
van siekte
golf is jy
stroom, streef, straf
oor hoogwatermerk
van leeftyd
stil is jy
kille, klanke, krose
oor verlede, hede
van vergewe
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.