Jongste aktiwiteit:

As ons onthou

Son vervaag en so ook die dag
fluistering groei in die stilte
van die nanag se gloei
ons swaai op silwer paaie ver…
die beeld van jul gesigte sal vir ewig
aan ons wêreld grens
engele in ons gebring soos weerlig
sprankelende diamante
skatte..
juwele so helder

ys-rose verander in ‘n stomende oerwoud
van bibberende glas
wat flikker in die verte van die maanlig
en al sy sterre…
dit is waar jul met die engele dans
‘n pragtige avontuur prentjie
soos blinkers op ‘n winter nag

‘n koue maan geklee in donker fluweel
met ‘n pêrel melkwit glimlag
sprankelende kristalle
van sterre…
‘n flikkerende silwer ontwaking
duisternis wat warm indring
wyl ons sluit ons oë
hierin vind ons lig en hoop

sielvolle huil
wolwe geklee in winter klere
ver oor die see se golwe…
dra die wind se fluister, soet musiekdanse
‘n magiese klank wat gees vry maak
stilweg uitasem…
‘n dampie magie soet
skoonheid betower hartlike ets- stakings
kalkvingers krap krake
in ys ‘n diepe eggo

opvallende klokke tol hartlik
draai dromslae…
weerkaats teen kamer mure
liefdevolle wysies…
glo in liefde soos in ‘n droom
betowerende musiek van ‘n vlinderdans
huil ons wolke…
stomend warm
versugtinge uit fladderende harte
ons maak ons oë toe aan die einde van die pad
en dink aan die sterre
en hoekom draai die aarde om die son

©Marike Erasmus




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak