
Maalkolk
Maalkolk (naweektema)
Die swartgat- maalkolk in die sterreruim
trek alles in sy omtrek nader met ongekende
sterk swaartekrag, verorber en druk prooi fyn
nes ‘n luislang so kompak minuskuul tot niks
iewers in sy diepste buik, en nooit ontsnap iets
ooit weer uit sy monster krater- muil nie.
Die aardse swartgat- maalkolk sleur ook
alles in sy gorrelpyp af in ‘n dodelike
vortex-peristalse die dieptes in …
Bewaar dat ek my vestand en denke
in ‘n skok maalkolk iewers in die niks byster
raak, want hul insuigende krater-muile is
letterlik en figuurlik dodelik gulsig.
Janetta – Helen (Babs)©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.