Jongste aktiwiteit:

Die Ballade van Moses

Die Ballade van Moses
geskryf deur Dale Penderis ©

Die geklank van ʼn geween deur die vensterlose huis
Die ongestrooste moeder wat huil oor haar seun; huil oor haar seun
Troosteloos, ongespeen

Geluide van ʼn baba wat huil in die Nyl
Die hart van ʼn donker godin;
bekoor deur ʼn baba wat kla en kerm
Verskans tussen riete; ʼn sussie oor haar boetie ontferm

Groot is die vreugde van die eens hartseer moeder
Haar arms gevul met haar bondeltjie seun
Vir ʼn tyd en ʼn tyd en ʼn tyd en ʼn half;
die kans gegun om haar baba te speen

Die eens hakkelende seun is nou ʼn man
Opgerig deur God met ʼn plan
Deur see en woestyn; sy asem min
Is hy toe nié die beloofde land in … is hy toe nié die beloofde land in




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed