
Sinne in Drome
in slaap verlam
spoel gedagtes ongenooi
oor die keerwalle
van my gemoed
beelde swewe oor
veld en stad
vergete, onbekend
aan my geheuenis
wyse here, oor eeue
pot gooi drome
in gelowe en teorieë
om dit te verklaar
ek slaap bewus
om dieper kennis
ongeskonde te ontvang
in elke droom moment
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.