helena
al om en om die baan
draf atlete en sommer dom
al vinniger en haastiger kom hul
met bomenslike krag stu hul teen wind
tot laaste paar treë gebeur sonder asem
van agter kom helena met ‘n swaai van arms
alle konsentrasie op die wedren van haar lewe
stomend pomp haar longe in teue van pyn
hoe verder sy gaan hoe harder teug sy
hoe meer smartlik die gesiggie
in haar laaste treë is sy vaal
en struikel sy as sy faal
tref die baan in stof
almal is stom
asseblief
staan weg
helena is
weer
reg
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.