lied
tokkelend afgryslik
klink die barbarese lied
uit rouste verlede opgediep
ritmies vervelige herhaling
krap oor sinkplaat gril
stinkende swetende
lywe wat orgasties dans
oeroue bewegings wat verlei
verslaafde zombi-gesigte
met verf strepe gekerf
stoom trek uit klei vloer
as skurwe ge-eelte voete
drywend daaroor skuifel
onder strepe gras vere
en dooie diere kop
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.