ikabod
stille naweek son
skyn oor my afgesonderde duin
slegs hier en daar waag iemand uit
selfs geluide gedemp en verskaar
in teue van vars seelug en son
oor my volk hang ‘n wolk
donker soos olie-rook oor ‘n stad
nêrens eers een weerlig of blits
heers vrees en ontkenning
geen slak wys sy gesig
in hierdie staat van ikabod
word elke groen spruitjie verwoes
slegs die versuipte eersugtiges
waag om hul asem te leeg
in omgewing van pes
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.