nuwe maan(d)
een nuwe dag
breek oor my duin
‘n winter-duin vol koue
saans skyn die volmaan
verlig see in sagte kleur
wat skitter en dein
saam met golwe
augustus sluit winter af
soms tot laat in september
maar die tekens is reeds daar
soos volmaan vervaag en kwyn
‘n nuwe maan te laat verskyn
so is blomme prag en fynbos
besig lente nader te roep
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.