Maankyker
Al ooit gespring
en ‘n ster probeer vang
En vir ‘n oomblik
aan die hemel bly hang
Toe daar niemand anders was nie
Toe laat jy maar gaan
En beland weer op jou rug
Onder die maan
Al was jy alleen
Het jy daar bly lê
Om te sien of die donker
Iemand soos jy sal wil hê
Tussen die blomme en tussen die dou
Het jy gewag, toe vind ek jou
3 Kommentare
-
-
Koekekranka
Pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis saggies mooi!!!