Jongste aktiwiteit:

Toe die volmaan praat…

Kaasgerond en gangvertraag
gangloop jy in vasgestelde wentelbaan
sonder haas onaangejaag
as die dagligson in koper ondergaan
en in ‘n waas van godelig
ets jy wilgers vlottend tussen lotusblaar
en -blom as die aandwind swig
en verbluf die luister van die nag ervaar.

Die floue flonker van jou lig
wat omgekeerde ruglêsterre kaats
het die aandster ingewig
om tesaam op effewatervlak te skaats
en hoër uit die rante bleek
-wat silhoeët teen persblouberge druk
begin jakkalse te smeek
vir paring omdat jou sagte skyn verruk!

Toe het ‘n ster laag oor die bleekdofkim
van die verste swartberge in goud verskiet
en kon ek -as my diepste wens!- versug:

“Versaak o God my nimmer
wanneer ek sekelmaan of donkermanig
versuim om steeds te glimmer
al is my sondelas ook hoe swartmanig.
Maak my gees weer ebgety
dat ek vredig mag bely
die verrukkende wete van bevryding
deur Golgota se Christuskind se lyding…”




9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed