
Ek is maar kosmos
saamgebondel in geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel neffens doringdraad
indringerbome wat beskerming bied
oor ons wit, pers en skakering pienk
neurie ‘n hartseerwals in golf van wind
halfpad deur ydel reën en stof verslind
maar ons is die natuur se pragportret
deur Sy hand self gesaai, neergeprent
6 Kommentare
-
Palet
So nederig...mooi
-
neels
Laat my dink aan die somertye wanneer die kosmos na die reën so welig langs die paaie staan
-
Koekekranka
Die skilderytjie pas so perfek by hirdie hartswerkie van jou. Werklik sielvol!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Jou slot strofe is puik